Kleuterskool in Randburg


Geskiedenis

Ons is ‘n kleuterskool in die hartjie van Randburg met ‘n YSLIKE groot passie vir ons kleuters en ook ons gemeenskap.

Ons kleuterskool bestaan vanaf 28 April 1986 en het met 80 kleuters, vier geboue en ‘n kantoor begin. Vandag is ons die trotse skool vir meer as 160 kleuters, 15 klaskamers en ‘n binnenshuise swembad!

In 2000 het ons as ‘n artikel 21 Maatskappy geregistreer om as ‘n privaatskool te funksioneer. Dit behou die voordeel dat ons skool aan die gemeenskap behoort en deur ‘n direksie en die beheerliggaam bestuur word.

Ons is ook baie trots op die feit dat ons in 2024 die beleid ingebring het dat al ons onderwyseresse aan SACE moet behoort en dus gekwalifiseerd is vir die taak wat hulle elke dag aanpak.

Kontak Ons →


Visie

Die skool se missie word ondersteun deur: Christelike beginsels, struktuur, trots, deursettingsvermoë, dissipline, goeie waardesisteem.

Ons personeellede bied aan elke kleuter geleenthede om te groei in alle areas van ontwikkeling om hulle toe te rus met die nodige vaardighede vir hulle lewensreis.

Kontak Ons


Missie

By Unika Pre-Primêr verstaan ons dat kinders ouers se kosbaarste besittings is.

Ons doelwit is om aan elke kleuter die beste grondslag te gee om op voort te bou in ‘n omgewing waar hulle gelukkig is en hulle volle potensiaal kan bereik.

  • Christelike beginsels
  • Goeie waardesisteem
  • Trots
  • Deursettingsvermoë
  • Dissipline
  • Struktuur

Gekwalifiseerde personeel bied aan elke kleuter geleenthede om te groei in alle areas van ontwikkeling om hulle toe te rus met die nodige vaardighede vir hulle lewensreis.

Kontak Ons →


Wat Ons ouers sê…